Deirdré skryf donateurs se harte oop

Deirdré skryf donateurs se harte oop
Deirdré skryf donateurs se harte oop

Deidré, ‘n graad 3-leerling by Jan Kriel, wou so graag nog swaaie en ‘n klimraam vir die Grondslagfase se speelgrond hê. Net sodat almal ‘n kansie kan kry om pouse daarop te speel. Toe skryf sy ‘n briefie vir die skoolhoof. Danksy donateurs en ‘n ruim bydrae van TIMBACORE in Stikland, het haar pleidooi nie op dowe ore geval nie. Tydens die Junie skoolvakansie is ‘n “full-house” klimraam en ‘n ekstra stel swaaie geïnstalleer. En nou kry die juffrouens nie die kinders na pouse terug in die klas nie!
Dankie aan elke Jan Kriel donateursvriend!
Die glimlaggies sê alles!