Eisteddfod


Daniël Carstens
 en Bénir de Villiers, beide in graad 4, het hierdie jaar aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod deelgeneem. Daniël het hoogste lof vir Onvoorbereide Lees (92%) en Lof vir Voordrag (88%) ontvang. Bénir het Lof vir Onvoorbereide Lees (85%) en Hoogste lof vir Voordrag (91%) ontvang. Wat hul prestasies so lekker maak, is dat Bénir se ma, Elizma, spesiaal vir elkeen hul eie gedig geskryf het. Mooi julle!