Hulle het my “accept”

Hulle het my “accept”
Hulle het my “accept”

Hy stap spesiaal oor na my kantoor om sy “comic book” vir my te wys. Hy het dit self geteken en is baie trots daarop. Jacques van Tonder is swaksiende. Op die ouderdom van 4 maande het hy sy eerste oogoperasie gehad en op 2 jaar is nuwe lense vir hom ingeplant. Maar sy gebrek aan sig stuit hom nie. Hy leef sy kreatiwiteit uit. As dit by skoolwerk kom, moet Jacques baie fokus en konsentreer. Hy kan byvoorbeeld glad nie op ‘n bord lees nie en die onderwyser maak vir hom ekstra notas.

Donateursvriende befonds ‘n klasassistent vir Jacques.

 

” Hul het my ‘accept’ toe ek nêrens anders plek gehad het nie. Jan Kriel het my in hul hart gesit…” ~ Jacques