Nuusbrief Herfs 2018

Jan Kriel se leuse vir 2018 is: COME TO LEARN, LEAVE TO SERVE. ‘n Groot deel van hierdie Nuusbrief fokus op hoe Jan Krielers hierdie leuse uitleef. Thank you to all our Friends who serve the children of Jan Kriel through their donations.

Image module

New Beginnings

“I know your deeds. See, I have placed before you an open door that no one can shut. I know that you have little strength, yet you have kept my word and have not denied my name.” (Rev 3:8)

This year the door to education has opened for 20 Grade-1 learners at Jan Krielschool. These children and their parents already know that school will be a challenge. Like Allegra Lategan. She was born at 22 weeks. Deaf and with a sight deficiency. She already has two cochlear implants. She wants to complete Matric. Most special schools only accommodate learners to grade 9. Thereafter the door closes on them. This year Jan Kriel opened a door for 19 Grade 10 learners from such schools to give them a chance to make Matric. ‘We know that you have little strength’, but at Jan Kriel you will be lifted up!

Image module

Welkom Ds André

Ds André van Wyk (43) is sedert Januarie 2018 by Jan Kriel.

As jy hom sien, weet jy “hier is ‘n groot man”. Soos jy hom leer ken, besef jy “hier is ‘n ou met ‘n groot hart, ‘n aansteeklike vriendelikheid en lang arms wat hy om almal vou”. En as André oor die Here en sy eie roeping praat, hoor jy hoe die Here uitreik en almal insluit – en natuurlik – met seënende hande op die kinders (Matt 19) en “die geringstes” (Matt 25) in die binnekring.

Na ‘n gemeentebediening van 15 jaar in Durbanville, is hy nou geroep om die netwerk van Jan Kriel vriende uit te brei en te bestuur. Dit lyk asof André in die wieg gelê is vir hierdie taak. Hy is, as predikantseun, in Kuilsrivier gebore. En sy Oupa – mnr Burema – was in die veertigerjare Onderhoof by Jan Krielskool. (Wat nou sy kantoor is, was destyds die huis waarin sy ma grootgeword het!) André is getroud met Mathilda en het vier kinders – Franko, Murdoch, Linda en Andel.

Jan Kriel ontvang jou met ope arms.

Kyk na die video hier

Image module

Uit Die Skoolhoof Se Kantoor

Kinders kom na Jan Kriel om te leer. Hulle het ‘n skoolruimte met geborgenheid en begrip nodig. Dit is soos besondere plantjies in ‘n kweekhuis met ideale omstandighede. Kundige opvoeders en goeie donateursvriende maak dit moontlik. Maar, Jan Krielers kan nie net ontvang nie, sê mnr Gerrit Odendaal, die Skoolhoof. “Die Skool en elke leerder het ook iets om te bied. Vanjaar fokus ons op geleenthede waar ons ook ‘n diens kan lewer.” Leerders word deurlopend en doelbewus aangewend om klein takies en groter verantwoordelikheid te dra. Jan Krielers gaan om te dien – soos mooi plantjies wat in ander mense se tuine geplant word.

Image module

Help! My Kind Kry Nie Plek Nie!

Jaar na jaar beleef desperate ouers hartseer en pyn omdat hul kinders nie plek in Jan Krielskool kry nie. Van jaar is daar 189 kinders op die waglys. Hulle hoop om ‘n kans te kry. Daar is ‘n plan gemaak en donateurs kon help. ‘n Span terapeute van Jan Krielskool besoek hierdie kinders kosteloos waar hul tans skoolgaan. Hulle leer die onderwysers in hoofstroom hoe om hierdie kinders in hul klasse te kan akkommodeer. Hulle ouers word ondersteun en verwysings na spesialiste en terapeute word gemaak. Jan Krielskool se tema “Gaan om te dien“ word voorwaar uitgeleef! Donateurs en vriende kan weet dat hul omgee-bydraes ‘n baie groter impak het as net vir die kinders hier by Jan Krielskool! Mariette, Alma, Deona by die bussie wat gedeeltelik deur ons donateurs geborg is. Die span bestaan uit ‘n sielkundige, ‘n arbeitsterapeut en ‘n spraakterapeut.

Image module

Hoofleiers 2018

Jan Krielers het hierdie  gekies as hul leiers vir 2018. Wat het hulle hier kom leer wat hulle graag met ander wil deel?

Sumarie Jordaan
As ‘n serebraalgestremde met ‘n gehoorgestremdheid en ADHD het ek geleer dat ek nie “dis-abled” is nie. Ek is “differently-abled”. Ek kán!

Wouter Vosloo
Ek is al van Gr.R by Jan Kriel. Hier word ek normaal behandel. Ek het geleer my leergestremdheid maak my nie noodwendig anders as ander mense nie. Ek hoef nie terug te staan nie.

Renate van Reenen
Ek wil ander help en daardeur mense inspireer, sodat hulle weer hul medemens sal help.

Wayne Nyirenda
Ek weet ek het swakhede. Hier by Jan Kriel het ek my potensiaal ontdek. Dis my begeerte om leiding te gee. ‘I want to serve from the heart and leave a legacy.’ Wat by Jan Kriel gebeur, kring wyd uit – selfs wêreldwyd!

Kyk na die video hier

Image module

Jan Kriel Dien Internasionaal

ʼn Artikel van Elsefie Wranz & Helen Krige verskyn in 2017 in ʼn internasionale wetenskaplike boek. Die boek gaan oor “Opvoeding in ʼn kompeterende en globaliserende wêreld” en is uitgegee deur Nova Publishers, New York, 2017. In die boek lees ons die volgende erkenning van hierdie twee spraak- en taalterapeute: “It is dedicated to all the learners who granted us the opportunity to learn from them during the past 21 years at Jan Kriel School in South Africa.” Wat ʼn mooi voorbeeld van onderwyspersoneel wat gekom het om te leer en dan gaan om ander te dien – in hierdie geval met hulle insigte.

Image module

Oom Willem word Waardeer

Willem Rossouw kry in 2017 die EXTREMIUS toekenning. Dit is die hoogste eer wat Jan Kriel aan iemand kan bewys. Hy ontvang dit vir 3 dekades se onbaatsugtige leiding en diens op bestuursrade en komitees van Jan Kriel Skool en Jan Kriel Instituut. Vinnige somme wys dat hy meer as 1000 uur, sonder kostes en na-ure, vergaderings bygewoon het. En dit omdat die kinders hom na aan die hart lê!

Ditjies, Datjies en Dotjies

Wenke vir ons donateurs

Image module

Hoe gebruik Jan Kriel jou Donasie?

Image module
Image module

Kom om te Leer!

4x dubbeld die vreugde by Jan Krielskool oor ons akademiese uitslae!

4x groepe vier saam:  Leerders. Onderwysers. Ouers. Donateurs.

4x meer “effort”vir hierdie kinders om te presteer.

4x die koste van ‘n hoofstroom skoolloopbaan.

98% Matriekslaagsyfer! 94.2% gemiddelde slaagsyfer van Gr.R-Gr.12!
Dankie vir jou bydrae wat maak dat die vreugde-4-e hoog kan brand!

Angelique O’Connell is aangewys as die top leerder met Spesiale Onderrig Behoeftes in die Wes-Kaap. 1 A, 4 B’s, 1 C en 1 D. Baie Geluk!

“Next Level Kindness”

Ek sien in die supermark hoe ʼn grootmens buk om ʼn kind op te tel, sodat hy ook bo kan bykom. Skielik onthou ek die briefie op my lessenaar. Dis van ʼn Jan Kriel kind. Ek het hulle al dikwels gehelp en ek wil graag weer. Maar   . . . Ai, ons lewe is so gejaagd. Moenie dat die gejaagdheid van ons lewe jou verhinder om goed te doen nie.  Skep ʼn debietorder en jy word reg deur die jaar die mens wat ʼn kind oplig. Dit is “next-level kindness”! Skakel ons gerus as jy wil hê ons moet jou daarmee help of voltooi die vorm op ons webwerf. O ja, en dankie vir al Jan Kriel se debietorder vriende – julle getrouheid is soos die Here se manna in die woestyn.

Image module

Christiaan Marincowitz-Trofee

Hierdie trofee is geskenk deur die ouers van Christiaan Marincowitz, ‘n oudleerder. Brintley Singrew het die toekenning in 2017 ontvang. Dit word gegee aan die Graad 12-leerder wat die meeste karakter getoon het. Hy het spesifieke doelwitte gestel. Deur uitsonderlike toegewyde werk en uithouvermoë, onder die moeilikste omstandighede, het hy dit bereik. Brintley het nou die kans ontvang om Besigheidsadministrasie by Damelin Kollege te studeer. Welgedaan!

Image module
Image module