Nuusbrief Somer 2017

School is not about transferring CONTENT, but providing CONTEXT where children can master content.
Donor friends of Jan Kriel are valued because they fund a context that enables 550 children with special needs.
Image module

Dis nie kinderspeletjies vir ouers, onderwysers en terapeute om kinders wat met die pyn en veroordeling wat met ADHD (Aandag Afleibaarheid- en Hiperaktiwiteit Sindroom)  saamgaan te help nie.  Dink jou in hoe frustrerend kan dit wees as jy daagliks te doen het met sommige van die volgende eienskappe: swak konsentrasie, ooraktiwiteit, impulsiwiteit, lae selfbeeld, opstandigheid, doelbewuste anti-sosiale gedrag, depressie en angstigheid.

Kinders met ADHD het soms ook spesifieke leerprobleme en dit is waar Jan Krielskool die antwoord op ouers en kinders se gebede word. Die personeel is kundig en sensitief. Verskeie maatreëls word in die klas getref  om elke kind se behoefte te hanteer.

Die beskikbaarheid van medikasie vir ADHD is tegelyk ‘n uitkoms en omstrede. Omstrede, weens die rol van die media hieroor èn omdat dit nie vir almal help nie. Mismoedige ouers en kinders kan dit ook verkeerd gebruik.

Sr Marinda de Villiers en Juna van der Merwe is die verpleegpersoneel wat daagliks die medikasie van 180 kinders by Jan Kriel bestuur. Omdat dit voorskrif-medisyne (skedule 6) is, word dit van apteke/hospitale/ouers ontvang en korrek ingedeel. Hulle sien toe dat die regte medikasie op die regte tyd van die dag, in hulle teenwoordigheid, toegedien en in elke kind se lêer opgeteken word. Saam met ander personeel en ouers word die funksionering van die kind gemonitor en oorgedra aan die mediese spesialis. Jan Kriel word gereeld deur ʼn (privaat) pediater besoek.

Jan Kriel se “Pille-tannies” skep ook ‘n veilige plekkie waar jy altyd welkom is as jy “nie so lekker voel nie”. Augustus se statistiekboek wys dat hulle 573 besoeke ontvang het, 330 ondersoeke gedoen het en 51 keer ouers moes skakel. Selfs 16 personeellede het vinnig kom inloer by hierdie “Eveready” span van die skool.

Die koste van hierdie waardevolle diens word nie deur ouers gedra nie.

Image module

Jan Kriel is soos ‘n driehoekige samoesa! Ouers, personeel en donateurs vorm ‘n eenheid om vir ons kinders ‘n terapeutiese skool-konteks te skep. Akademie is net een aspek daarvan en dáárom is deelname by die jaarlikse Eisteddfod so belangrik.

Kyk hierdie video van ‘n paar van ons “middelste kinders” in graad 4-7

Image module

Many generous donors, buyers and organisers make the Jan Kriel Wine auction a joyous occasion that has a lifelong effect on a Jan Kriel child. The profit of this year’s auction fund the expenses of 60 Jan Kriel learners.

Nora Sperling, of Delheim Wine Estate, has been involved with Jan Kriel for more than 20 years. With her help, this year’s wine auction has moved from just wine to wine tourism. She donated wine, a gift voucher as well as a table of guests to the event.
Aleit Swanepoel, of the Aleit Group,  is known internationally for spectacular weddings and the TV show “Tyd met Aleit”. He contributed the students of the Aleit Academy, a weekend in his guest house (Tiele on Main, Napier) and a dinner with him and the well-known chef, Gustaaf Boshoff.

Hanlie Bekker en Louise Herholdt, from NEG – Neuro Edu Group, is an educator and a therapist who wholeheartedly support the work done by Jan Kriel. They purchased three lots!

Jan Kriel’s hospitality learners manage the serving at the Wine Auction. It is an exceptional experience for them to participate in such a sought-after event at an impressive place like Lourensford.

Image module

This year Jan Kriel, with the help of main sponsor, Medihelp and Cape Multisportclub as sports associate, presented this popular sport day. More than 2000 athletes (and many volunteers) participated. All funds raised are used for sports development for Jan Kriel’s children.

Image module

Die Matriek-afskeid is ‘n hoogtepunt in die lewe van ons leerders. Op hierdie aand ontsnap hulle uit skooldrag en vier die vriendskappe wat hulle gemaak het.

Liewe Heer Jesus,

Met die eksamentyd voor my . . .
Dankie dat my waarde nie bepaal word
deur punte nie, maar deur U liefde vir my

Met die leer- en onthou werk voor my . . .
Kom stap saam met my sodat ek, naas skoolwerk,
ook die lesse van die lewe leer

Met die vraestel voor my . . .
Gee asb vir my ‘n kalm hart, ‘n helder verstand en
selfvertroue om te herhaal wat ek geleer het

Met die uitslae voor my . . .
Here, U is my Goeie Herder en
U het engele op my skoolloopbaan geplaas

Met die lewenskeuses voor my . . .
Maak asb deure oop en help my om U roepstem
tussen al die ander stemme te hoor

Amen

Image module

Almal ken vir Papies. Almal noem hom ook so, al is hy gedoop Johannes Mattheus van Papendorp.

Hy is legendaries vir die wyse waarop hy toutrek by Jan Kriel gevestig en uitgebou het. Papies het vir hope kinders vreugde in hul skoolloopbaan gebring. (Hy het ‘n baanbrekersrol gespeel vir dogters-toutrek en verskeie van sy ou leerlinge het, soos hyself, nasionale kleure verwerf.)

Met ‘n ietwat militaristiese styl is hy ‘n klassieke ou-tydse “disciplinarian”. Maar net ‘n rukkie in sy teenwoordigheid en jy weet hier is ‘n mens met ‘n groot hart wat nie weet van tou opgooi nie. (Tydens sy skoolloopbaan het hy, byvoorbeeld, ‘n BA en B.Ed verwerf.)

Almal hou dalk nie van Papies nie (want hy sou jou al oor iets aangespreek het), maar almal het die wêreld se respek en waardering vir hierdie onderwyser wat na 32 jaar by Jan Kriel aftree.

 Wat sê Papies van homself?

Weet jy, dit gaan nie oor al die medaljes nie. Toutrek by Jan Kriel maak wenners van kinders wat deur ander as “losers” beskou word.  Hulle sukkel dalk met akademie of balvaardighede, maar toutrek verander dit. Dit is een van die min sportsoorte waar jy wen as jy agteruitgaan!

Struktuur, struktuur, struktuur! Ons kinders, meer as ander, funksioneer soveel beter met struktuur. Te veel grys gebiede verwar hulle, maar hulle doen goed as hulle weet wat kan en wat nie.

Ons lig ons hoed vir jou, Papies !

Papies vertel ‘n bietjie van sy tyd by Jan Kriel en toutrek vir die afgelope 30 jaar. Kyk die video hier.

Image module

Onlangs het ons by die Instituut afskeid geneem van Alae Rootman, wat afgetree het. Sy was die ‘moederfiguur’ in die kantoor. Alae sal onthou word vir die duisende kaartjies en eposse aan donateurs, en haar detail organisasie. Dié oud-taaljuffrou het elke strepie en kolletjie van ons taal gekontroleer.

Hoe, en hoe lank, was jy by Jan Kriel betrokke?

Ek het as vrywilliger, voor 2001, leeswerk en transkribering vir die bandhulp-projek gedoen. Daarna was ek betrokke by die “Medihelp Bike en Tekkie Challenge” (2005) en ‘n Wynveiling in London (2006).

Vandag kan ek sien hoe die Here my voorberei het vir die aanstelling in 2007 as Skakel-beampte. Die laaste twee jaar was ek die Projekbestuurder – ‘n uitdagende èn vervullende taak.

Wat sou jy uitsonder as hoogtepunte?

As ‘n “beginner” was die Wynveiling in London baie opwindend en leersaam. Witwyn en rooiwyn het skielik Sauvignon Blanc, Chardonnay, Merlot, Shiraz en Pinotage geword!

Om deel te wees van die Gideonsbende by die Instituut se kantoor is ‘n lewensveranderende ondervinding. Hulle sal ‘familie’ bly.

Die kontak met die donateurs en ondersteuners van Jan Kriel is deel van ‘n pakkie inspirasie wat ek saamdra. Deur hulle was ek elke dag bewus van die Here se deernis vir kwesbare kinders.

Watter lesse het jy by Jan Krielers geleer?

O, Jan Krielers het my hele menswees verander! Hulle leer jou om anders te luister en te dink oor mense, oor prestasie en sukses en oor wat belangrik is en wat nie. Dit het my ook anders laat dink oor myself.

Wat doen jy nou?

Al die lekker dinge waarvan ek hou en wat my betower. Ek luister heeldag musiek en was gister deur Stellenbosch se botaniese tuin! Om kos te maak, te kuier met vriendinne en om stil te wees, is nou my kosbare lot na 10 sinvolle jare by Jan Kriel. 

Twee Groot Besluite

Op die afgelope vergadering van die Jan Kriel Kommissie is twee groot besluite geneem.

Daar is besluit om – vir die eerste keer – ‘n assistent Direkteur aan te stel. Dit moet ‘n predikant wees omdat Jan Kriel Instituut graag sy christelike, kerklike karakter wil bewaar. Bid asb dat die Here die regte persoon vir hierdie taak sal roep. Enige iemand wat belang stel kan die skakel volg, deur hier te klik.

In 2018 word ‘n Sentrum vir alternatiewe assesering en leer ondersteuning vir die Laerskool opgerig. Dit is ‘n ruimte waar kinders met ernstige lees- en skryfprobleme op ‘n vroeër ouderdom gehelp word. Met behulp van rekenaars en stemherkennings-sagteware – wat nou ook in Afrikaans beskikbaar geword het – word die akademie vir hulle ontsluit. Soos in die verlede, vertrou ons dat daar vir hierdie groot kapitale projek voorsien sal word! Donateursvriende sal op hoogte gehou word.

Image module