Nuusbrief Somer 2018

Image module

BREAKING NEWS

In a study published by the reckoned Stanford University, it was concluded that GIVING is motivated by humans’ need to find meaning in life. “Humans want to feel a sense of connection and a sense of purpose to life. GIVING (time, money, and energy) is a central way in which we strive to find meaning.” The researcher, Sean Stannard-Stockton, further concludes that humans’ motivation to give is not rooted in the hope that doing so will benefit them.

“TO GIVE is a motivation much like eating and breathing. It is something we must do to survive and thrive. Just as we eat to satisfy our desire to live, we GIVE to satisfy our desire for meaning.”
En kyk wat sê ons donateurs oor GEE:

  • Die skool het my kwesbare kind ‘n lewe gegee. Jan Krielskool was die antwoord op ons gebede – SH
  • My man gee al die jare. Na sy dood het ek voortgegaan. Ons moet ander help wat nie self kan nie – VZ
  • Ek gee want ek kan! – EG
  • Giving is part of my purpose – NH
  • Ek gee omdat ek soveel ontvang het – JS
  • As kind het ek hulp nodig gehad, maar dit nie ontvang nie. Nou gee ek vir Jan Krielers sodat hul die hulp kan kry wat ek nie gekry het nie – AF
Image module

Rivaldo Duckett, Grade 12

Image module

Wynveiling

Die jaarlikse wynveiling is ‘n fees van GEE!
Wynmakers GEE wyn. Kopers GEE donasies. Verskaffers GEE hul dienste. Die opbrengs van die aand befonds die addisionele koste van méér as 50 van Jan Kriel se 560 kinders!

Image module

Jan Kriel kelners

Image module

‘n Gelukkige koper!

Image module

Die kleintjies bekoor die gaste

Image module

Uit DIE Skoolhoof se kantoor

Ek sien dit op ‘n weeklikse basis in ons voorportaal: ‘n raadop ouer, ’n verslae kind met lewelose ogies en opvallende weerloosheid wat jou aangryp. Soveel hartseer veroorsaak deur misverstande en dwarsklappe in die lewe.

En dan, die stadige helende proses na liggaam siel en gees wat plaasvind as hy of sy opgeneem word in die Jan Kriel familie. Die koester van geborgenheid, die opvlam van nuwe hoop! En as die basiese boublokke van begrip en aanvaarding in plek is, kom elke kind se innerlike sterkte en potensiaal weer na vore. Wat ’n voorreg om te kan deel wees van ’n span kundige, liefdevolle mense wat saamwerk om elke individu weer op ’n hoopvolle pad te plaas.
Elke kind verdien daardie kans!

Kinderkuns

Image module

Sean Robertson, Graad 6

Image module

Carlyle de Wee, Graad 5

Image module

Calum Knickelbein, Graad 4

YOU WON’T BELIEVE IT!

“Ek het nooit kon droom om eendag my eie matriekafskeid te kan bywoon nie! Dankie Jan Kriel dat jul my ‘n kans gegee het!” – Matriekleerder

Image module
Image module

Leroy Julie

Image module

Coetzee van Rooyen

Image module
Image module

Ontmoet vir joshua

For the first time

Ten spyte van gehoor- en spraakuitdagings het Joshua Wolfe vanjaar met sy gediggie
“Nuwe skoolreëls”, ’n kans gekry om aan die Tygerberg Eisteddfod deel te neem.

Phoebe, Kay-Leigh and Nina (all Grade 4 pupils), suffering from different degrees of hearing impairment, took part in the Eisteddfod for the first time this year. They were in Carel du Toit school until last year. (90%, 85%, 87%)

Image
Image module

HE DID IT!

Nahum Johannes was born in Blue Downs and came to Jan Kriel School in Grade 3. Here he was introduced to rugby for the first time. He played so well that he was given the opportunity to play for Stellenberg High School from u/14. There he could play against stronger schools in a higher competition level. This year Nahum was chosen for the WP Cravenweek XV-team and played at the u/19 Cravenweek in Paarl. Well done Nahum! You make Krielies proud! Thank you to our donors that help to give our children such opportunities.

Image module

Gee ‘n kind ‘n kans, elke kind

Twee van Jan Krielskool se onderwysers, Mariaan September en Nadia Hoon, het merkwaardige bydraes gelewer in die aanbied van die winterskool vir Sea View Secondary School in Zithulele se graad 10’s en 11’s. Hierdie skool het baie uitdagings in terme van ‘n tekort aan onderwysers en kwaliteit onderrig.

Die jaarlikse winterskool is dikwels die enigste geleentheid wat leerlinge kry om ‘n wetenskap/biologie, wiskunde of Engelse onderwyser te hê. “Ons is ewig dankbaar vir Nadia en Mariaan se toewyding om hul vakansie te gebruik om so ook ander kinders te help.” – Melanie Thirion, NG Kenridge

Image module

AbraCAdabra!

Soos iemand wat ‘n haas uit ’n hoed trek, het Jan Kriel twee nuwe klaskamers laat verskyn.

Donker, onderbenutte spasie agter die saal se verhoog en ’n stoorkamer is ombou tot twee splinternuwe klaskamers. Een vir wetenskap en een vir kuns. Vir een van die grootste “spesiale onderwys-skole”, waar daar boonop ’n waglys van 180 is, bied dit broodnodige ruimte! Dit is moontlik gemaak deur donateursvriende van die Jan Kriel Instituut.

Image module
Image module
Image module

LIGHTS, CAMERA, ACTION!

BUS CONVERSION

Regardt van den Bergh het ‘n paar tonele vir RoepTV se nuwe fliek “Kern” hier op Jan Kriel se gronde verfilm. Jan Krielskool se hoofingang het selfs oornag in ‘n polisiestasie verander!

Gerrit Odendaal (principal), Alma Snyman (occupational therapist), Sonja Jonkers (pupil) and Elmarie Gentle (schoolbus co-ordinator) say THANK YOU to Dr Fanie Herholdt (Director: Jan Kriel Institute) for the conversion of a bus to accommodate wheelchairs. Such a conversion costs about R120 000 and donor funds make it possible. That way, learners like Sonja are given a chance!

Image module
Image

skud daai blikkie!

Vir baie jare het Jan Kriel se personeel met blikkies, soos in onderstaande foto, op die sypaadjies gestaan.

Image module

Amanda Swart (JKI rekenmeester) skud die blik!

Dit was die manier waarop goeie mense ‘n bydrae kon maak. Mense wat wil gee kan dit vandag baie maklik en op verskillende maniere doen:

KOEVERTJIE

Stuur ’n koevertjie met kontant of ‘n tjek, na Jan Kriel Instituut se posadres.

BANK

Doen die betaling deur die bank se kanale. Jy kan dit persoonlik by jou bank doen, of elektronies deur hul webwerf (EFT). Onthou asseblief om jou verwysingsnommer te gebruik, want dit help ons om te weet vir wie ons die kwitansie moet stuur.

SNAPSCAN

Registreer SNAPSCAN op jou selfoon, en gebruik ons unieke kode.

Image module
DEBIETORDERS EN AFTREKORDERS

Dikwels besluit mense om kleiner bedrae gereeld te gee. Dit is dan die beste om ‘n debietorder of aftrekorder te gebruik.
Vir ‘n aftrekorder moet jy self die administrasie daarvan doen deur ‘n reëling met jou bank te tref. Vir ‘n debietorder moet jy ‘n vorm voltooi en die administrasie daarvan word deur die kantoor behartig. (Kontak vir Amanda by finans@jankriel.co.za of kry die vorm op ons webwerf: www.jankriel.org.za)

Jan Kriel Instituut
ABSA Bank
rek. no: 3010 141 566
Kuilsrivier tak
takkode 632005
WEBWERF

www.jankriel.org.za/donate
Gebruik enige van die opsies op die DONATE bladsy.

BEMAKING

Ons kinders se beste ondersteuners neem hul aan soos hul eie, en reël dat daar ook in hul testament iets vir Jan Krielers nagelaat word. Dit is ‘n wonderlike manier om te GEE, wanneer jy dit kan bekostig, lank nadat jy self nie meer daar is nie. (Praat gerus met jou finansiële bestuurder hieroor – of kontak ons by die Instituut.)

Image module
Dankie vir die volgende BEMAKINGS aan Jan Kriel in 2018:

• EF Keyter • GF Loedolff
• ER Lutge • JM Malan