Nuusbrief Winter 2017

sometimes intelligent minds do not shine in standardised tests because they are not standardised minds

EKSAMEN BY JAN KRIEL IS ‘N GEDOENTE!

Dit word alternatiewe assessering genoem. Jan Krielskool bied 12 verskillende maniere om elke kind ‘n kans te gee. 72 uit 200 dae (36%) van jou skoolloopbaan word aan eksamens/toetse spandeer. 

Image

Indien u dié skets van ds Hannes Burger gebruik, gee asb erkenning aan Mev Christa Kotze en haar personeel by Jan Krielskool wat oor meer as 30 jaar hierdie stelsel van alternatiewe assessering ontwikkel het.

Die karakters in die bogenoemde video verteenwoordig die volgende:

  1. Leerder lees & skryf self (soos in hoofstroom)
  2. Leerder lees & skryf self – met struktuurhulp
  3. Leerder gebruik MP3-speler met oudio-vraestel en skryf self
  4. Leerder kry voorleser en skryf self
  5. Leerder kry bystand met grafieke, liniaal, ens
  6. Leerder lees self en tik antwoord op rekenaar
  7. Leerder kry ‘n transkribeerder wat namens hom/haar lees & skryf
  8. Leerder kry spraak-/taalterapeut as hulp
  9. Leerder kry arbeidsterapeut as hulp
  10. Leerder gebruik ‘n skermleser, maar skryf self
  11. Leerder gebruik skermleser en praat met rekenaar, wat skryf
  12. Leer kry vraestelle in vergrote druk
  13. Binne al bg kategorië word verlengde skryftyd verleen, indien nodig
Donateurs gee jaarliks R600 000 om hierdie kindvriendelike eksamen stelsel moontlik te maak
Image module
Jan Krielers kan maklik skuil agter die dwarsklappe wat die lewe hule gee. Daarom moedig ons waagmoed, selfopoffering en deursettingsvermoë by hulle aan.
So verduidelik die skoolhoof 2017 se slagspreuk…

“AVOID THE SOFT OPTION”

“VERMY DIE MAKLIKE UITWEG”

Gerrit Odendaal, Skoolhoof van Jan Kriel, oor “soft options”

Die maklikste roete tussen Kaapstad en Johannesburg is om die N1 te gebruik. Om langs onbekende paaie – met baie slaggate – te ry is moeiliker, neem langer en is ongeriefliker. Dalk ry jy grondpaaie deur plekkies soos Merweville, Hutchinson, Deelfontein, Kraankuil, Bethulie . . . Maar wanneer jy in Johannesburg aankom, is jy ’n beter bestuurder, het jy meer gesien, ken jy meer stories en is jy beter toegerus vir die uitdagings wat mag kom.

Image module
Rut Prinsloo, onderwyser by die Seniors, oor “soft options’

Die soft option vir ‘n onderwyser is om die handboek te gebruik, klas te gee en huis toe te gaan . . . Maar ek maak ekstra werkboeke (ongeveer 90 bladsye) vir elke kwartaal met prentjies, stories, voorbeelde en strukturele raamwerke vir leerders wat “anders” leer. Dit het my ‘n beter onderwyser gemaak!

Dit gryp my aan om te sien hoe die seun met heelwat spastiese en ongekontroleerde bewegings verkies om self te skryf. Hy het die opsie om te tik of dat iemand anders vir hom skryf. Ek dink dit gee hom – wat rolstoelgebonde is – ‘n sin van selfwaarde en onafhanklikheid. Sy byna onleesbare krabbelskrif het vir my mooi geword!

A Parent and “soft options”

The soft option for parents is to take responsibility for their child’s assignments. But more often than not, a child who struggles along on his own, getting just enough encouragement to keep him going, gains confidence in learning and eventually also succeeds.

Jan Kriel Kliniek oor “soft option”

Sielkundiges en terapeute by Jan Kriel kan, weens hul kennis van gestremdhede, maklik  “verskonings” gee waarom daar nie te veel van ‘n kind verwag moet word nie. Dit is egter ons beleid om nooit die soft option te volg nie. Daarom sit ons dikwels as ‘n groep kundiges en vra . . . wat kan ons nog doen om om ‘n kind uit te daag en te help om sy/haar probleme te oorbrug.

A Jan Kriel Learner on “soft options”

To become a member of the speech choir, I had to give up all my break times and off periods. Despite my reading difficulties, I have to memorise difficult and sometimes very long parts, which takes time. I’ve considered giving it up, but when I remember how good it feels to get highest honours at the annual Eisteddfod, all the support and camaraderie we enjoy in the choir . . . it’s well worth the hard work!

Image module
Marina Conradie, onderwyserby die Juniors oor ‘soft options’

Ek is saans stokflou, omdat ek naas klasgee nog dans, sing, speel en met entoesiasme seker maak dat elke kind skool as “wow” beleef. Soms w’app ek en ‘n ma nog 22:00 oor “ons” kindjie. Met vanjaar se konsert moes ons besluit of die een seuntjie wat vreeslik erg klanksensitef is, deel moet wees van al die geraas en harde musiek. Hy wou egter en het aangehou oefen (soms met vingers in sy ore) tot op die einde. Sy ma vertel dat sy sosiale vaardighede soveel toegeneem het dat hy nou vir die eerste keer verjaarsdagpartytjies van maatjies kan bywoon. 

Image module
Damian Walker: Not a soft option guy!

Damian played centre for the Jan Kriel XV at the Tony Stoops Rugby Festival in April. At the conclusion of this great event, hosting 33 schools, a Rhino Team was selected to tour Scotland and England. Yes, you guessed it! . . . our Damian made the team. We are immensely proud of him, because we know about his challenges, his struggles and his courage. He’s made difficult choices and done the hard yards, which now brings this opportunity his way.

Well done, Damian!

Jan Kriel word 80!

Kyk hierdie video met die hooftrekke van die dag.

JY KAN OP VERSKEIE MANIERE GEE

  • Plaas jou donasie in die ingeslote koevertjie en pos (gratis)
  • Maak ‘n elektroniese oorplasing deur jou eie bank
  • Maak ‘n skenking deur ons webwerf (www.jankriel.org.za)
  • Voltooi ‘n debietordervorm en gee maandeliks
  • Benoem Jan Kriel se kinders in jou testament
  • Stuur vir ons kinders liefde, aanmoediging en gebede
Jan Kriel Institute issues Article 18A receipts for all donations received

Annual Tax Certificates were recently mailed to all donors. Please, contact our office for any queries you may have in this regard.