Nuusbrief Winter 2018

‘n Pa se hart

“Ons sukkel. Dis nie aldag maklik nie.” – Mnr Jonkers, die pa van ‘n Jan Krieler. Op ‘n traumatiese manier sterf hul eerste dogter, ‘n fisies gestremde kind. Hul tweede dogter, Sonja, word kort daarna gebore met ‘n toestand wat haar spiere aantas. “Jy moet alles vir haar doen. Dit word jou leefwyse. Dag en nag moet jy reg wees om haar te help. As ouer gee jy jou loopbaan en drome prys om alles wat jy kan vir jou kind te gee. Die Here het ons VRESE kom verander in VREDE.” By Jan Kriel het Sonja ‘n heenkome gevind waar sy gelukkig is en skolasties ontwikkel. Hier by Jan Kriel leef sy voluit!

Image module

Ek het my kind nodig

“Aanvanklik dink jy: My kind het my nodig. Vandag besef ek: Ek het Dominic nodig. Hy het my geleer wat deursettingsvermoë en onvoorwaardelike liefde is. Hy het my my eie lewe en waardes laat herevalueer.” – Sy ma, Marleze. Dominic is nie fisies gestremd nie, maar hy is aandagafleibaar met sekere skolastiese uitdagings. Aanvanklik was hy in ‘n hoofstroom skool, maar gou het hul agtergekom dinge werk nie uit nie. Hy is deur maatjies gespot omdat hy ‘dom’ is. Selfs deelname aan sport was vir hom sleg. “Ek wil nie in ‘n skool wees wat my nie aanvaar nie” was sy woorde aan sy ma. Marleze vertel hoe kinders wat spesiale onderwys behoeftes het, dikwels uitgestoot word deur maatjies, skole en selfs families. Hul selfbeeld en gevoel van aanvaarding word daardeur vernietig. Noudat hy in Jan Krielskool is, word sy ‘andersheid’ omhels. Hy neem weer deel aan sport en sy selfbeeld én menswees word opgebou. Hier ervaar hy sukses. “Ek claim Jan Kriel. Dis my skool! How blessed am I to be here.” – Dominic, 10 jaar oud

Jan Kriel Sport = Therapy in Action!

Start with what you CAN do and then we will work on what you CAN NOT YET do.
It’s a process and part of the fun!

Image module

Medalje wenners!

Kerwin Matthys, CJ Slabbert en Zavier Lewies het aan die SA Atletiekkampioenskappe te Potchefstroom deelgeneem. Zavier het ‘n brons medalje verower in hoogspring vir seuns o/19 en CJ Slabbert het ook ‘n brons verower in 100m vir seuns o/17 en goud vir 100m aflos.

Touch, Pause, Engage

‘n Jan Kriel uitnodigingspan is genooi om tydens die April skoolvakansie deel te neem aan die gewilde Tony Stoops Rugby Toernooi. By hierdie toernooi neem 33 skole vanuit die WP en Boland deel. Deur sulke geleenthede kry ons kinders nie net goeie blootstelling nie, maar word hul karakter en selfbeeld ook uitgebou. Reinhart Roux is ná die toernooi gekies om deel te wees van ‘n toergroep na Frankryk. Maak die Krielies trots Reinhart!

If we can dream it, we can do it.

 

Go Coaches!

Our teachers also serve outside of Jan Kriel. WP Rugby saw the quality of our coaches and appointed Juandre Vorster as the Head coach and Lee-Roy Robertson as the Assistent coach of the WP 0/18 LSEN Craven Week Rugby team. Well done!

Image module

Who’s the Boss?

5 Jan Kriel Tug-of-War teams received their provincial colours this year! They also took part in the South African Tug-of-War Championships in Kimberley. We showed them “who’s the boss” teams!

Elke Druppel Tel!

Reeds in die 1950’s het Jan Krielskool ‘n rioolsuiweringsaanleg op die perseel gebou om so water te kan hergebruik. Dieselfde etos het die skool gedryf om tydens die waterkrises in die Kaapse metropool hul deel te doen. Met die samewerking van die personeel en kinders het Jan Kriel se waterverbruik die afgelope 3 maande met 46% gedaal! Verder word meer as 130 ou toilette en urinale op die perseel vervang met meer waterbesparende toestelle.

In the interest of our Donors

The Jan Kriel Institute has recently added SNAPSCAN as one of the channels that donors can use to make financial contributions. Just download the Snapscan application on your smartphone, register your bank details and you’re ready to use it! It is an easy, safe and convenient way to donate. Please remember to add your donor number as reference! Due to the security risks and high costs associated with using credit card information, the use of manual credit card payments will be phased out. Donors will no longer be given the option to send their credit card information to the Institute. Please make use of all the other safer channels, such as EFT’s, Snapscan, Debit orders or online donations.

Image module

Totsiens Annette!

Die minsame vrou met die vriendelike stem wat almal ken. Na 33½ jaar (en 7 skoolhoofde!) tree Mev. Annette Müller as ontvangsdame by Jan Krielskool af. Ons sal jou liefde en vriendelikheid baie mis! Sy groet met:

BE KIND, IT IS FREE.

Oud-Krielie Presteer

Danksy ‘n beurs van ons donateurs het Mariska de Wet onlangs haar onderwysgraad by CPUT verwerf.

Hoe ver sal Jan Kriel vir ons kinders gaan?

In die Kaap is Jan Krielskool se veelkleurige bussies alombekend. Meeste van hierdie bussies is met donateursgeld aangekoop. 18 bussies vervoer daagliks meer as 300 kinders met Melkbosstrand en Gordonsbaai as die verste draaipunte. Hierdie bussies ry gesamentlik 30 000km per maand. Een bussie is toegerus om kinders in rolstoele te kan vervoer. Met ‘n groeiende behoefte aan rolstoelvriendelike vervoer, word ‘n tweede bussie nou ook doelmatig omskep. Dankie aan ons donateurs wat dit moontlik maak!

Kyk na die video hier

Image module

What happened to your investment?

Jan Kriel School is the only school in the Western Cape with two wheelchair-friendly training kitchens and a restaurant. All of this was made possible by our donors! Learners from Grade 10-12 do hands-on chef and waiter training and practical exams are done twice a year. In Grade 12 external exams are done by the WCED and the IHT-Hotelschool. Yearly around 30 Jan Krielers are equiped with the necessary skills to further their careers in the hospitality world.  Many of our past learners already work in the hotel- and food-industry worldwide.

Disleksie – hel en hemel

“Juffrou, ek wil nie eendag kinders hê nie. Ek wil nie hê hulle moet so swaarkry soos ek nie.” So sê ‘n disleksielyer aan Juf Christa Kotze by Jan Krielskool. “En die sleg is, ‘n kind het dit nie gekies of kan dit nie beheer nie. Die werklike oorsaak van disleksie is nog nie uitgevind nie.” Disleksie is ‘n ontwikkelingsversteuring wat gekenmerk word deur ‘n onvermoë om te leer lees, ondanks voldoende intelligensie, konvensionele onderrig en sosio-kulturele geleenthede. Die persoon wat aan disleksie ly, presteer dus ver benede die verwagte vlak van sy/haar intelligensie.

Disleksie word dikwels as baie verwarrend en frustrerend beleef. Die lyer kan hoogs intelligent wees en vakinhoude ten volle verstaan, maar vanweë die versteuring nie in staat wees om toetse en eksamens te slaag nie. Donateurs het ‘n stukkie hemel gebring deur met die moderne tegnologie in die SAALO-sentrum, nuwe wêrelde vir hierdie kinders te ontsluit.

Image module
Image module