Oud-Jan Krieler onthou donateurs

Oud-Jan Krieler onthou donateurs

Janice Evers is die oud-Krielie wat al sedert 2009 ons donateurs se verjaarsdagkaartjies teken.

Op ’n jong ouderdom het sy uitermatige gehoorverlies opgedoen en as 2-jarige moes sy reeds gehoorapparate dra. Ten spyte van moeilike omstandighede bly sy egter gemotiveerd, liefdevol en
getrou. Dankie Janice vir jou liefdeswerk!