top of page

5 uit 5!

5 uit 5 oorwinnings vir ons Krieketspan! Wat ’n fantastiese begin tot die 2025/2026-seisoen. Ons seuns het die veld oorheers en vyf uit vyf oorwinnings in Kwartaal 1 behaal, terwyl hulle ook die T20 Krieketuitdaging-titel verower het.


Teen spanne soos Vista Nova, Axios en De Grendel het ons span met vaardigheid, deursettingsvermoë en sportmangees gewys hoekom hulle kampioene is.



’n Groot dankie aan ons afrigters en bestuurspan vir julle harde werk en toewyding agter die skerms—sonder julle sou dit nie moontlik wees nie.


Hierdie is net die begin—hou aan hard werk, hou aan wen en hou aan om Jan Kriel trots te maak- Welgedaan, manne!



 
 
 

Comments


bottom of page