Beurtkrag het Jan Krielers nog altyd hard geslaan. Nie net is ‘n groot deel van hul gerekenariseerde leerhulpmiddels van elektrisiteit afhanklik nie, maar ook die funksionering van die koshuise en fisies gestremde leerders se asemhalingsmasjiene.
Na deeglike ondersoek (met die hulp van Johann de Bruyn Consulting Engineers) het die Jan Kriel Instituut direksie in 2024 besluit om ʼn 500kvA sonkrag aanleg op te rig. Hierdie sisteem sal genoegsaam beskerming bied teen beurtkrag, maar ook ʼn besparing op die elektrisiteitsrekening teweeg bring. Op 23 Januarie 2025 is die fasiliteit in gebruik geneem. Oortollige krag wat opgewek word mag ook aan die munisipaliteit teruggevoer word.
Jan Kriel sê DANKIE aan ons donateurs wat ook in hierdie groot behoefte van ons leerders help voorsien het.
Commenti