Jan Kriel Instituut se jaarlikse Tekkie-uitdaging op Saterdag, 7 September was met die hulp deelnemers, ondersteuners, vrywilligers en borge 'n groot sukses. Inskrywings vir die dag het by 2000 gedraai, met die 5km Pretloop wat die meeste belangstelling gelok het. Heelwat deelnemers het gespog in kleurvolle uitrustings ter ondersteuning van die 'RunInColour' tema.
![](https://static.wixstatic.com/media/cf8ec5_23cc0f09eb3343bfa6a244910e8dc1e5~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_264,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/cf8ec5_23cc0f09eb3343bfa6a244910e8dc1e5~mv2.jpg)
Food Lover's Market , hoofborg sedert 2022, het ook talle geskenkbewyse en pryse vir deelnemers bygedra, asook kospakkies vir beamptes voorsien.
“Dit bly 'n eer en 'n voorreg om Jan Kriel te ondersteun, en die span is sulke aangename mense! Die feit dat hulle so betrokke is in die gemeenskap pas so mooi in met Food Lover's Market se waardes om die gemeenskap om ons te dien. Mag hierdie wedloop net groei van krag tot krag!”
- Bianca Nel, Food Lover's Market Bemarkingsbestuurder
![](https://static.wixstatic.com/media/cf8ec5_d28194f096504fac85e43b7bbbb85f77~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_262,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/cf8ec5_d28194f096504fac85e43b7bbbb85f77~mv2.jpg)
Lede van Cape Multi Sport Club en Kuilsriver Running Club het van 05.30 die oggend op die roetes reggestaan. Die nuwe 10 Miler ( 16km) roete is ook baie goed ontvang. Die dames het weer geseëvier in die 10km Battle of the Sexes- kompetisie en Fortunate Chidzivo is ook as algemene wenner vir die 10 km wedloop gekroon.
"Leerders Jan Krielskool is vanjaar, deur die Tekkie Challenge, (weerens) met liefde en entoesiasme ondersteun. Ons is dankbaar vir elke borg, deelnemer en die gemeenskap se om wat bydra tot ons leerders sportontwikkeling"
- André van Wyk, Jan Kriel Instituut Besturende Direkteur
Laerskool leerders het lank vir die groot dag gees gevang en kleurvolle plakkate gemaak wat deur die hele skool uitgestal is.
![](https://static.wixstatic.com/media/cf8ec5_eccd2eb9449f43839b410db18861806c~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_490,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/cf8ec5_eccd2eb9449f43839b410db18861806c~mv2.jpg)
![](https://static.wixstatic.com/media/cf8ec5_647b4c2154ed4b92875379db455f4904~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_514,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/cf8ec5_647b4c2154ed4b92875379db455f4904~mv2.jpg)
Deelnemers was ook bederf met meer as 65 'lucky draw' -pryse bygedra deur verskeie vriende van Jan Kriel. Donasies van geskenkpakkies, koopbewyse en sportprodukte is met entoesiasme uitgedeel en ontvang. Baie dankie aan die bydrae van:
Food Lover's Market - Balwin Properties - TygerBurger/ Media24 - Olympic Shoes, Kuilsriver - Landlords Property Management - Design2Run Sports Apparel - Playalot Indoor Adventure Park Kuilsriver - DCP Printing - Nativa: JointEze - Sioux Spur Glengarry - Perfect Health Soneike
![](https://static.wixstatic.com/media/cf8ec5_75c52a468e1147a18d399b4f718fe431~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_329,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/cf8ec5_75c52a468e1147a18d399b4f718fe431~mv2.jpg)
Kyk gerus na nog foto's en resultate deurwww.tekkiechallenge.co.za
Comments