top of page
Hilette Jan Kriel Instituut

Glasies klink by Wynveiling

Updated: Sep 22, 2023


Met die getroue ondersteuning van donateursvriende kan Jan Kriel, te midde van die moeilike ekonomiese klimaat, steeds in elke leerder se spesifieke akademiese behoeftes voorsien. En nog meer! Alle nodige terapeutiese dienste word gratis by die skool gelewer en bekostigbare vervoer of koshuisverblyf aan elke kind gebied.

Vanjaar se Wynveiling-tema was ‘Dreaming in Colour’. Donateurs, ouers, onderwysers en terapeute help ons leerders nie net om te droom nie, maar gee kleur aan hul drome en lewens! Jan Kriel se sukses verhaal, tesame met kwaliteit wynlotte, het ons gaste inspireer om ʼn gemiddelde prys van R18 145 per lot te betaal!

Jan Krielskool se Laerskool koor (Graad 1-6) het ook 'n besonderse optrede gelewer, onderrig deur Luzaan van Niekerk en Liezl Fritz.


Dankie aan elke kelder wat uitgereik het na die kinders by Jan Krielskool. Sonder jul ondersteuning sou die 2023 Jan Kriel wynveiling beslis nie so ʼn GROOT sukses kon wees nie! Mag jul ook altyd “dans in die somer se reën.”


“En as jy ooit voel die lewe is net een groot gesuffer Reik jou hande uit en help ʼn ander met minder as jy

Gaan maak iemand bly want dan sal jy altyd kan saam sing as die musiek begin speel en dans in die somer se reën”

~ “As die musiek begin speel” Karen Zoid



117 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page