Ons toutrekspanne het ongelooflike krag en deursettingsvermoë gewys tydens die WP/Wynland kompetisie! Hier is ons uitstekende uitslae:
480 kg – 4de in afdeling
520 kg – 4de in afdeling
520 kg (gemengde span) – 3de in afdeling
560 kg A-span – 3de in afdeling
560 kg B-span – 4de in afdeling
600 kg-span – 2de in afdeling en 4de algeheel in gewig! Hierdie span het ook WP-kleure verwerf as die hoogste gerangskikte WP-span!
Baie geluk aan al ons spanne vir julle harde werk en vasberadenheid! ’n Spesiale dankie aan ons afrigters vir hul leiding en ondersteuning. Julle maak ons trots!
Commentaires