Dankie vir almal wat hierdie wonderlike aand bygewoon het. Leerders en Jay du Plessis het vermaak met werkmaardige optredes. En 'n SPESIALE DANKIE aan elke donateur wat een of meer van die meer as 10 000 liggies aan die boom geborg het!
Die Jan Kriel Instituut, ten bate van Jan Krielskool leerders, bied jaarliks 'n Liggieboom-geleentheid. DANKIE aan almal wat Saterdag, 23 November 2024 by ons aangesluit het vir 'n familie-vriendelike aand. Leerders het gaste vermaak met dansoptredes, gedigte en koorsange en JAY du Plessis het almal op hulle voete gehad.
Deur by te woon of 'n liggie te borg maak jy 'n onmeetbare verskil in 'n leerder se lewe en opvoeding by Jan Krielskool.
"A child with special needs will INSPIRE YOU to be a SPECIAL KIND of person"
Kyk gerus van die pragtige videos en foto's aanlyn www.liggieboom.co.za
Comentários