top of page
Hilette Jan Kriel Instituut

Moet nooit onderskat nie- Nasr Esau

Updated: Feb 22, 2023

Nasr Esau het 2022 as graad 10 leerling by Jan Krielskool aangesluit. Sy vorige skool, Astra Skool vir kinders met Fisiese- en/of Leergestremdhede, kan net leerders tot graad 9 akkommodeer. Die skuif was nie vir hom maklik nie. As enigste kind in ʼn enkelouer gesin het hy en sy ma, Sumaya, al so lank nèt op mekaar staatgemaak. Gelukkig het die koshuis-tannies, onderwysers en kliniek-personeel hom gou laat tuis voel. Soveel so dat hy hul nou sy 'extended-family’ noem! Sumaya kan nie uitgepraat raak oor die ondersteuning wat hul van Jan Kriel personeel ontvang nie. “Hulle dra waarlik elke leerder se belange op die hart! In slegs 1 jaar het Jan Kriel ’n ongekende verskil in ons lewe gemaak.”


Nasr het die eerste keer in 2017 tafeltennis gespeel toe hy die skool se afrigters gevra het om tydens pouse ook ’n paar balle te mag slaan. Baie gou het sy talent in hierdie sport duidelik geword. Alhoewel die Covid-pandemie vir bykans twee jaar deelname aan sport gekniehalter het, is Jan Kriel nou bevoorreg om in sy prestasies te kan deel.



Later die jaar word hy as spankaptein vir Wes-Kaap aangewys en verteenwoordig hy Jan Krielskool by die SA Nasionale NSSC Top-skole kompetisie in Gauteng. Ook hier stap hy as die SA Nasionale o/19 kampioen weg! Verder verwerf hy en sy spanmaat ook ’n silwermedalje in die dubbelspel.


In ’n besonderse daad van respek en dankbaarheid besluit Nasr om sy goue medalje aan sy jarelange afrigter, die 72 jarige ‘coach Ed’, te oorhandig. Een van die spanafrigters skryf later hieroor:

“Let's not underestimate the power of what is happening here. What Nasr has done by giving the medal to Ed reflects what a kind soul he has. If this is the values that we instill and teach our kids, people want to be associated with these values. Nasr gave his medal to coach Ed. How can you help not to shed a joyful tear. And it's not a fluke why he was appointed as the team captain - a future leader...”

Nasr sê hy sal nie toelaat dat sy gestremheid hom definieer nie. Jan Krielskool gee hom die moed om sy passie vir sport én sy studies ten volle uit te leef. Welgedaan Nasr - Jan Kriel is trots op ons Kampioen!

124 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page