Vanaf 1 Maart 2025 sal die Jan Kriel Instituut as ‘n onafhanklike, nie-winsgewende organisasie (NPO) bedryf word.

‘n 100 jaar gelede, in 1925, is Jan Kriel op 16-jarige ouderdom oorlede. Mev. Kriel het die behoefte gesien van kinders wat ly aan ’vallende siekte’ en die Jan Kriel Tehuis en Skool in 1937 gevestig. Sedert 1942 is die Jan Kriel Instituut, as deel van NG Kerk, verantwoordelik vir die bestuur van die bates en eiendom asook fondswerwing, om die voortbestaan van hoë gehalte spesialis onderrig vir die leerders van Jan Krielskool te verseker. Die NG Kerk het in 2003 besluit om die Jan Kriel Instituut as program van BADISA te laat funksioneer.
Die afgelope jare, in gesprekke tussen die NG Kerk, BADISA en die Instituut se direksie, het dit duidelik geword dat dit beter vir die werksaamhede van die Instituut is om onafhanklik te funksioneer. Jan Kriel Instituut word vanaf 1 Maart 2025 as onafhanklike NPO bedryf. As ‘n lid van die nuwe NPO, bly die NG Kerk steeds betrokke en verbind aan Jan Kriel en die Insituut se werksaamhede.

Hoe beinvloed dit Jan Kriel leerders en hul befondsing? GEENSINS - Jan Kriel Instituut se visie en missie, om Jan Kriel leerders se opvoeding te ondersteun, bly onveranderd asook die bestuur en werksaamhede van die Instituut.
Watter impak het die verandering op donateurs ? GEEN - Die Instituut behou dieselfde bankrekening, elke donateur behou ook hul spesiale donateurnommer en alle kontak-besonderhede, adresse en elektroniese kanale van die Instituut bly dieselfde.
So, vir alle praktiese doeleindes gaan alle werksaamhede en verpligtinge voort soos normaalweg! Die enigste impak wat die nuwe NPO-nommer op donateurs sal hê, is dat kwitansies vanaf 1 Maart 2025 die nuwe NPO & PBO nommers sal toon. Belastingsertifikate vir 2024/ 2025 belasting jaar word egter steeds onder die huidige BADISA NPO-nommer uitgereik, as ‘n program van BADISA. Indien u enige navrae het of meer inligting verlang, kontak gerus Ds. André van Wyk by 021-9030434 of andre@jankriel.co.za.
Commentaires