top of page

Wat is Alternatiewe Assessering?

Updated: Jun 5

Vir vanjaar se Junie-eksamen word 1891 vraestelle afgelê met die hulp van omseilingstegnieke. 211 Hoërskool leerders kwalifiseer vir transkribering of voorlesing akkommodasies omdat hulle, in vergelyking met ander leerders hul ouderdom, ten spyte van toereikende intellektuele vermoëns en genoegsame geleenthede nie in staat is om daarsonder hul eksamens regverdig te voltooi nie.


Dit is belangrik om te verstaan dat sulke tegnieke slegs in plek is om die leerder op gelyke voet te bring met een wat in die saal sy eksamen aflê. Leerders, beide met behulp van akkommodasie en die sonder, word onsydig geassesseer sodat nie die een of ander bevoordeel of benadeel word nie. Christa Kotzé was een van die spanlede wat Jan Kriel se Sentrum vir Alternatiewe Assessering en Leer Ondersteuning (SAALO) op die been gebring het. Sy het as skooldogter haar sig verloor maar kon met behulp van omseilingstegnieke haar skoolloopbaan en graad voltooi. Alhoewel haar leerhindernis ʼn fisiese een was verduidelik sy dat baie leerders nie dieselfde geleenthede as sy gekry het nie, “kinders met disleksie is ‘leesblind’ maar transkribering bou ʼn brug tussen hul skoolloopbaan en verdere opsies na skool, ook so vir ʼn leerder wat verlam is en nie sy hand kan beweeg om te skryf nie.” 


Kliniekhoof, Alma Snyman, verduidelik dat nie almal geskik is om ʼn transkribeerder of voorleser te wees nie. “Transkribeerders en voorlesers is opgeleide professionele diensverskaffers. Hulle moet ten alle tye onpartydig wees, die integriteit van die stelsel kan nie in betwyfeling gebring word nie.”



“When assessment starts, teaching stops. The reader has only one function- to read, exactly as printed. They cannot assist the learner with any explanations, are not allowed to answer any questions or influence them in any way. Doing so will give them an unfair advantage over learners who do not receive accommodations."


Wie kwalifiseer vir ‘n voorleser? NB: ‘n Voorleser word eers oorweeg wanneer die leerder se leesprobleme nie met die gebruik van Teks na stem tegnologie ondervang kan word nie.

·         Leerders met ‘n gediagnoseerde spesifieke leergestremdheid of ander leerhindernis wie se leesvaardighede (leesspoed, -akkuraatheid en -begrip) beduidend laer is as die verwagting vir hul kronologiese ouderdom soos bewys deur skolastiese toetse.

·         Leerders wat, ten spyte van toereikende intellektuele vermoëns en genoegsame geleenthede om te leer lees, steeds leesprobleme ervaar.

 

“If you do not hear it, you do not scribe it. Scribes are only allowed to write down the learner’s responses verbatim i.e. word for word, in exactly the same words as were spoken. Even if the learner meant to say ‘evacuated’ but said ‘evaporated’ instead, the scribe can only write down as spoken. They are not allowed to guide learners in any way for example asking ‘are u sure’ or ‘anything else to add’ as this would once again give them an unfair advantage over learners writing for themselves."


Wie kwalifiseer vir ‘n skrywer/transkribering? NB ‘n Skrywer/transkribering word eers oorweeg wanneer die gebruik van die rekenaar om op te tik nie ‘n opsie is nie.

·         Leerders met ‘n gediagnoseerde spesifieke leergestremdheid met ingeperkte vermoë t.o.v. skriftelike ekspressie, spelling en punktuasie ten spyte van toereikende intellektuele vermoëns en genoegsame geleentheid om te leer skryf.

·         Leerders met probleme met skryfspoed vergeleke met die ouderdoms- of graadverwagting ervaar.

·         Leerders met onleesbare handskrif.

·         Leerders met onvoldoende hand- of boonste ledemaat funksie bv. ‘n fisiese gestremdheid, wat nie self kan skryf of ‘n funksionele skryfspoed kan handhaaf nie.



Die tegnieke wat met groot sukses by Jan Kriel gebruik word, is in pas met departementele beleidsdokumente en word amptelik deur die Onderwysdepartement erken en is deel van die onderwysbeleid selfs op tersiêre vlak. “Dit is as gevolg van groot ondersteuning van donateurs dat Jan Kriel soveel leerders kan ondersteun. Die onderwysdepartement het deur al die jare net een personeellid se salaris gedra, die res van die personeel is befonds deur donateurs. So ook die inrig van SAALO en later LOGO, ons sou nooit hierdie reuse taak kon behartig sonder hulle ondersteuning nie.”

45 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page