Dankie Elsefie!

Dankie Elsefie!

Dok Fanie: Hoe het jy by Jan Kriel geland?

Elsefie: O, met ompaaie! Nadat ek gewerk het in ‘n mediese labratorium en ‘n BA Tale graad voltooi het, was ek ‘n lugwaardin, ‘n skakelpersoon vir Tygerberg Mediese Fakulteit en ‘n ma. Op 35 jarige ouderdom het ek begin met studies in Spraak- en Taalterapie. En nou, na 25 jaar by Jan Kriel, tree ek uit.

Dok Fanie: Hoe sou jy die hart van jou werk beskryf?

Elsefie: Ons wil kinders met gehoorgestremdheid voorberei om goed te funksioneer in ‘n wrede, wrede beroepswêreld.

Dok: Wat het jou die meeste vreugde gegee?

Elsefie: Om te leer. By Jan Kriel se kinders leer jy elke dag! Elkeen se uitdagings en die manier om dit te oorkom verskil. Ek sal die verhouding met die kinders ontsaglik mis.

Dok: Wat beskou jy as jou belangrikste “legacy”?

Elsefie: Wel, ek het niks alleen gedoen nie. Maar ek was deel van n span wat meegewerk het dat spraak- en taalterapie dienste van Graad R tot Matriek gelewer word. Hierin is Jan Kriel uitstaande en die uitsondering.

Dok: Watter boodskap wil jy agterlaat – vir Jan Krielskool en sy donateursvriende?

Elsefie: Moet nooit die waarde van die terapeutiese hulpdienste binne skoolverband onderskat of verder afskaal nie. Soek asb. maniere sodat finansiële redes nie in die pad staan van wat deurslaggewend is nie. Hoe dom sou dit wees om vir ‘n pasient te sê daar is nie genoeg geld vir die gebruik van jou medikasie nie, daarom stel ons voor jy ruik net daaraan!

Visit the South African Government's COVID-19 Information page at sacoronavirus.co.za