IN MEMORIAM

IN MEMORIAM
IN MEMORIAM

Mogamat Yusuf Morris (17/12/2000 – 06/03/2021)

Die vriendelike jong man met die groot glimlag en blink oë het in 2018 by Jan Krielskool aangekom.

Ons sal Mogamat onthou as die seun met die goeie maniere wat almal met wie hy in aanraking gekom het met respek hanteer het. Mogamat, die sagmoedige persoon, wat nooit harde woorde teenoor enigiemand gebruik het nie. Mogamat wat ten spyte van die uitdagings wat sy progressiewe toestand meegebring het, altyd sy beste gegee en elke dag met ‘n positiewe gesindheid aangepak het.

Mogamat wat dankbaar was vir alles wat hy ontvang en beleef het én vir elke dag wat tot sy lewe toegevoeg is. Mogamat die seun wat altyd met soveel liefde en waardering gepraat het van sy ouma wat hom groot gemaak en versorg het.

Sy plek is leeg . . . ons sal hom met liefde onthou.

Visit the South African Government's COVID-19 Information page at sacoronavirus.co.za

Ons is tans besig om ons privaatheidsbeleid in orde te kry. We are getting our privacy policy in order.