Pelgrimstog van Hoop

Pelgrimstog van Hoop
Pelgrimstog van Hoop
Pelgrimstog van Hoop
Pelgrimstog van Hoop
Pelgrimstog van Hoop

Hy het begin by sy woonhuis in die suidelike voorstede van Kaapstad. Jan Krielskool was sy eerste oorslaapplek.

Die Pelgrimstog van Hoop is ‘n roete wat van Kaappunt tot Kaap Agullas (die suidelikste punt van Afrika) by verskillende belangrike historiese Christelike plekke aandoen. Die gedagte is geskoei op die bekende Christelike pelgrimsreis – die Camino de Santiago – wat eindig by die mees westelike punt van Europa – die Weskus van Spanje.

Dok Fanie Herholdt, ons direkteur, is ook ʼn gesoute pilgrim (peregrino) met die Spaanse en Portugese Camino agter die blad. Hy het as gasheer (hospitalero) opgetree vir Erns en die Elders-span. Hulle het in ʼn Jan Kriel koshuis oorgeslaap. Dok Fanie het hulle die volgende dag begelei oor die Bottelary heuwels op pad na Stellenbosch. Onder andere het hulle by die bekende Roos familie van Mooiplaas aangedoen. Tielman het hulle vertel van die die bewaring van die belangrike renosterveld en die wynbedryf van die Bottelary.

Dit was baie gepas dat hulle by Jan Kriel aangedoen het – want Jan Kriel se geskiedenis en werk is gewortel in ‘n lewe-met-hoop. Uit die tragiese en hartseer dood van ‘n seuntjie (Jan Kriel) het Jan Krielskool in 1937 ontstaan – ‘n plek vir honderde kinders wat hul moeilike pad (Camino) met hoop kan loop!

Vir Erns, wat nog 25 dae moet stap, wens ons ‘n “Buen Camino”  (‘n goeie reis) toe. As jy bly HOOP, sal jy bly LOOP – die boodskap vir almal in grendeltyd!

Die eerste episode van hierdie Pelgrimstog van Hoop word DV op 30 September 2020 op Kyknet (ELDERS) uitgesaai.

Visit the South African Government's COVID-19 Information page at sacoronavirus.co.za