Pssstt…. “Die virus is ‘n regte klikbek!”

Pssstt…. “Die virus is ‘n regte klikbek!”

Daar is nou soveel kundige en gesaghebbende mense (veral op sosiale media) oor die virus. ‘n Mens weet nie meer wie om te glo en wie nie.  Maar ek hou van die persoon wat daarop gewys het dat die virus ‘n regte Klikbek is . . . Ja, die virus het gou-gou verraai wat in mense se harte aangaan.

As iemand inherent goed is, het die virus dit uitgewys in ongelooflike menslike hulpverlening. So kan ‘n mens ook gou-gou sien hoe bitter is die galpil se hart . . . Die virus het ook skelmstreke uitgewys. En die bullebak en die gierigheid van  skelm handelaars is nou ook oop en bloot.

‘n Mooi en goed-hart-ige storie het – ten spyte van ‘n toe skool en geslote kantore – by Jan Kriel afgespeel! Broer en suster, Victor Sperling en Nora Sperling-Thiel van Delheim Wine Estate, het ‘n terugslag beleef. Een van hul besendings wyn na die oorsese mark is a.g.v. Covid-19 gekanseleer . In plaas van bitterheid het hulle besluit om dit vir Jan Kriel se Wynveiling te skenk. ‘n Skrale 24 uur later is dit opgeraap deur bie-ers. Dit het meer as R50 000 wins vir Jan Kriel opgelewer!

BAIE DANKIE AAN DELHEIM EN SY MENSE.

Visit the South African Government's COVID-19 Information page at sacoronavirus.co.za