Sunra skitter

Sunra skitter

Sunra ontvang haar toekenning van mnr. Alan Winde (Premier van die Wes-Kaap), me. Debbie Schäfer (Minister van Onderwys) & mnr. Brian Schreuder (WKOD)

 

Tien jaar gelede het haar wêreld aan skerwe gelê. En nou is sy oppad Stellenbosch toe!

Sunra Mostert het aan die einde van graad 2 gehoor sy het ‘n drievoudige leerversteuring (lees, geskrewe uitdrukking en wiskunde) sowel as ADHD (onoplettende tipe). Die onderwys deur het vir haar toegeklap. Sy moes na ‘n spesiale skool gaan. Maar sy het nie moed opgegee nie en het maniere geleer om haar leeruitdagings te oorkom. In 2019 staan sy uit as hoofmeisie van Jan Krielskool en behaal 6 onderskeidings in die matriekeksamen! Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement vereer haar vir hierdie prestasie. En nou voel sy geroepe om Sielkunde te studeer, met ‘n oop deur na Stellenbosch Universiteit!

“Jan Kriel het my gehelp om my menswees in stand te hou en my geleer om nooit minderwaardig te voel nie!”

Dankie aan elke donateur wat vir kinders – soos Sunra – ‘n kans gee!

Visit the South African Government's COVID-19 Information page at sacoronavirus.co.za