Vind jou roeping | Find your calling

Vind jou roeping | Find your calling

Vind jou roeping – Jan Krielskool se tema vir 2020

Mnr. Gerrit Odendaal (Skoolhoof) vertel: geïnspireer deur die verhaal van die jong Samuel wat een nag ‘n Stem gehoor het, het Jan Kriel besluit op hierdie tema vir 2020. Die Roepstem het aan Samuel se lewe onherroeplik rigting en betekenis gegee.

Jan Krielskool wil ‘n omgewing skep waar ons kinders ook ‘n Samuel-belewenis het. Hulle moet ‘n stem hoor wat hulle rigting gee en inspireer om ‘n iemand of ‘n iets te word. Dit is so belangrik, want hulle hoor dikwels – weens hul leergestremdhede – dat hulle nie goed is nie, nie gaan slaag nie en nie ver gaan kom nie.

Omdat Jan Kriel ‘n spesialis-skool is, is dit bekend dat personeel ook hier is omdat hulle “geroep” voel. Die Skool se leuse “ons bou” was ‘n reaksie van die Skool se Bestuursraad wat ‘n roeping ontvang het om beter fasiliteite te skep as die tydelike klassies wat in stalle en buitegeboue bestaan het.

En in Jan Kriel Instituut se “Gee ‘n Kind ‘n Kans” hoor jy ook die Roepstem. En omgee-mense het in omgee, help en voorsiening ‘n roeping gevind.

Visit the South African Government's COVID-19 Information page at sacoronavirus.co.za