Zoey

Zoey

Zoey van der Walt is hierdie jaar in Matriek. Sy is al sedert Graad 4 by Jan Kriel. Maar Zoey wou nie hier bly nie. Eintlik wou sy al lankal opskop. Skoolgaan is nie lekker nie. Dis ‘boring’. Jy dink dis onnodig. Daar moet mos iets beter wees daar buite? ‘n Liggie aan die einde van haar tonnel, soos sy dit noem. En sy het probeer soek, maar nie die liggie gevind nie.

“Die lewe het my geleer jy kan nie ‘shortcuts’ vat nie. Jy moet volwasse word. Verantwoordelikheid neem. Jy kan nêrens daar buite werk en vorder sonder ‘n matrieksertikaat nie. Daarom moet ek Matriek maak.”

Zoey is op die outisme spektrum en sy glo mense dink sy is ‘n ‘alien’. Dis duidelik dat Jan Krielskool vir haar werk. En ook vir die meer as 80 ander leerders wat op die outisme spektrum is.

“Jan Kriel laat jou in die klas NORMAAL voel. Jy voel nie of jy ‘special needs’ het nie. Jy is mos nie só ‘massive’ anders nie?”

Terapeute bied verder vir hulle ’n veilige hawe en help hulle om “deur te trek”, soos Zoey sê. “As ek in hoofstroom was, sou ek BAIE gesukkel het. Ek is nie slim genoeg nie en dis baie werk. Jan Kriel het my ’n kans op ’n normale ‘education’ gegee.” En volgende jaar Zoey? Iets avontuurlustigs! Polisie, Brandweer of dalk ’n “stunt woman” in die fliek bedryf…

 

Dankie aan ons donateurs wat ook vir die “Zoey’s” van ons wêreld ’n kans gee!

Visit the South African Government's COVID-19 Information page at sacoronavirus.co.za

Ons is tans besig om ons privaatheidsbeleid in orde te kry. We are getting our privacy policy in order.